Jaarboeke

Navorsingsmetodologie 764


 
Modulekode SLK 764
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud *Word slegs in Engels aangebied. Hierdie module fokus op die kennis en vaardighede wat nodig is vir die verstaan van die navorsingsproses soos dit in die sielkunde toegepas word. Inbegrepe is ‘n oorsig van teoretiese en epistemologiese aannames in sielkundige navorsing, probleem- en hipoteseformulering, basiese metingseienskappe, kontrole in navorsing, faktore wat geldigheid kan belemmer en verskillende navorsingsprobleme. Hierdie module inkorporeer statistiese metodes wat van toepassing is op navorsing asook die vaardighede nodig om kwalitatiewe data te analiseer. Dit alles met die doel om studente toe te rus met handige vaardighede binne die gebied van navorsing.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Sielkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences